• Wees vry! Getuig!

    Wees vry! Getuig!

    Jou storie maak jou vry, jou storie maak ander vry!
  • Albert ontmoet sy redder by Mighty Men Conference

    Albert ontmoet sy redder by Mighty Men Conference

    Albert se lewe was oorheers deur drank. Hy het sy eie lewe, die lewens van sy gesin en ander mense naby hom verwoes deur sy misbruik van drank. Maar hy het in 2010 'n omkeer gehad, hierdie is sy storie!
  • Kanna het vir jare met ‘n geheim rondgeloop.

    Kanna het vir jare met ‘n geheim rondgeloop.

    Die waarheid maak 'n mens vry, en Kanna kan daarvan getuig! Die seer van die verlede raak jou bediening! Hierdie is Kanna se storie!
  • Die grootste seer.

    Die grootste seer.

    Die grootste seer wat ouers kan deurgaan is om 'n kind aan die dood af te staan, hoe bly 'n mens hoopvol? Francois se ouers se uitkyk oor die lewe het al soveel mense aangeraak, maar kyk eerder self, hierdie is Francois se storie.
  • God genees!

    God genees!

    'n Ma wat vertel oor hoe haar jong seuntjie moes veg vir sy lewe teen kanker en hoe God hom en hulle gesin deur gedra het, hierdie is EW se storie!

5 Redes uit die Bybel om te getuig!

  1. ROMEINE 8:16
    God se Gees getuig saam met ons! “Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.”
  2. PSALM 31:20
    Getuig want hy is goed vir ons! “Hoe groot is u goedheid: dit is altyd daar vir dié wat U dien, U bewys dit voor die oë van die mense aan dié wat by U skuil.”
  3. HEBRËERS 2:4
    God doen wonders! “Daarby het God ook saam getuig deur tekens en wonders en ook deur allerhande kragtige dade en gawes van die Heilige Gees, soos Hy dit toebedeel het volgens sy wil.”
  4. DIE OPENBARING 1:2
    Getuig oor wat jy hoor en sien wat God doen! “Johannes is die getuie van wat God gesê en wat Jesus Christus bevestig het; hy getuig van alles wat hy gesien het.”
  5. JOHANNES 15:26-27
    As jy God ken en by Hom is kan jy nie anders as om te getuig nie! “Wanneer die Voorspraak kom wat Ek vir julle van die Vader af sal stuur, die Gees van die waarheid, wat van die Vader uitgaan, sal Hy oor My getuig. En julle moet getuig, want julle is van die begin af by My.”

banner-raak-betrokke